SA het groot planne by Davos volgende week
Die uitvoerende hoof van FirstRand, Mary Vilakazi, sê dis noodsaaklik dat Suid-Afrika sy beloftes nakom om sy globale posisionering te verbeter. Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, is optimisties en sê die regering en die sakewêreld stem saam aan die vooraand van volgende week se vergadering in Davos, Switserland. Vilakazi het tydens ‘n ontbyt van die Wêreld Ekonomiese Forum in Sandton gesê die Suid-Afrikaanse afvaardiging wil ‘n verenigde visie by die forum aanbied, met die fokus op vennootskappe, die uitbou van vermoëns en ekonomiese veerkragtigheid.