Skietstilstand sal Sondag begi, ten spyte van uitdagings
Die Gaza-skietstilstand behoort Sondag soos beplan te begin, ten spyte van die noodsaaklikheid dat onderhandelaars op die nippertjie ’n los punt moet vasmaak, volgens Amerika se buitelandse sake-minister Antony Blinken. Israel het ‘n kabinetsvergadering om die wapenstilstand te bekragtig uitgestel en het Hamas die skuld gegee daarvoor. Intussen het Israeliese oorlogsvliegtuie Gaza in intense aanvalle bestook. Palestynse owerhede sê minstens 77 mense is dood sedert die wapenstilstand onthul is. ’n Amerikaanse amptenaar sê die enigste oorblywende dispuut was oor die identiteit van sommige gevangenes wat Hamas vrygelaat wou hê. Gesante van president Joe Biden en Donald Trump was in Doha met Egiptiese en Katari-bemiddelaars om dit op te los.