Jeugraad-struweling nou by kantoor van die eerste minister

Protesaksie oor die tussentydse Nasionale Jeugraad wat deur die lynminister aangestel is na ‘n raad reeds verkies was, duur voort. Twee van die verkose raad se leiers, Julia Nekwaya van die PDM se jeugliga en William Minnie van die LPM, is deur ‘n hofbevel verbied om die tussentydse raad se bedrywighede te belemmer. Ondersteuners van die verkose raad het vandag in die hoofstad saamgetrek en het die kantoor van die eerste minister met hulle klagtes genader. Claudina Shimanda, ‘n lid van die verkose jeugraad, sê as die kantoor van die eerste minister nie reageer nie, sal hulle die president nader.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *