Skaars Krugerpond haal R40,1 miljoen op veiling

Een van die skaarsste en waardevolste Suid-Afrikaanse muntstukke, die “Enkel-9”-Krugerpond van 1898, is onlangs teen 40,10-miljoen Suid-Afrikaanse rand op ‘n veiling verkoop. Net een van dié foutiewe munte met ‘n syfer 9 op die voorkant is tydens die Anglo-Boereoorlog gemaak. Sy waarde het oor die jare tot 4,65-miljoen-rand in 1999 gestyg en is in 2010 vir 20-miljoen-rand verkoop. Ses bykomende munte is ook vir meer as ‘n miljoen opgeveil. Die Bassani-Afslaers sê dit is ‘n bewys van die wêreldwye waardering vir Suid-Afrika se ryk geldeenheid-erfenis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *