Calueque-dam is 100,5% vol
NamWater se dambulletin vir noordelike damme bekend gemaak. Die Calueque-dam, wat ongeveer helfte die grootte van Neckartal is met ‘n kapasiteit van 475 miljoen kubieke meter water is tans 100,5 persent vol. Die dam in die Cunene-provinsie van Angola verskaf water deur middel van Calueque-Oshakati-kanaal beide drinkwater en besproeiingswater aan boere in die land. Die dam hou ook water terug vir die Ruacana-hidroëleketriese aanleg. Die Olushandjadam net buite Oshakati is tans op 40,7 persent.