Rubio, Trump se verkose staatsekretaris, onbeïndruk met ICC

Amerika se verkose president Donald Trump se keuse vir minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, doen ʼn beroep op die Internasionale Strafhof om die lasbrief teen Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, te laat vaar. Hy het Woensdag tydens sy bevestigingsverhoor senators se vrae beantwoord. Die Strafhof het in November verlede jaar gesê daar is redelike gronde dat Netanyahu en twee ander strafregtelike verantwoordelikheid dra vir vermeende oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom in die Israel-Hamas-konflik. Rubio sê die Strafhof het sy globale geloofwaardigheid ernstig geknou:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *