Kunene-leerders drink, gebruik dwelms, daarom swak uitslae

Die streeksdirekteur vir onderwys in Kunene, Sophia Fredericks sê die streek se swak akademiese vertoning is as gevolg van drank en dwelmgebruik onder leerders. Sy het met The Namibian gepraat en voeg by uitdagings met afwesige onderwysers het ook bygedra. Daar was verlede jaar 225 swangerskappe onder leerders met die jongste ma 13 jaar oud, en 1 000 leerders het uitgeval. Die Kunene-streek het laaste gekom in akademiese prestasie, die tweede agtereenvolgende jaar.   

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *