Kaapstad wen Time Out-toekenning

Time Out het bekendgemaak Kaapstad is boaan die jaarlikse lys van die beste stede ter wêreld. Time Out is ‘n wêreldwye handelsmerk wat deur middel van Time Out Media en Time Out Market mense inspireer en bemagtig om die beste van ‘n stad te ervaar. Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê Kaapstad is in elke opsig hoog aangeslaan vir sy skoonheid, algemene gemoedelikheid en kos-verskeidenheid. Kaapstad het een plek beter gevaar sedert hy verlede jaar in die tweede plek was. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *