Eiendomsmark toon hersteltekens in derde kwartaal 2024

Namibië se eiendomsmark het sterk hersteltekens in die derde kwartaal van 2024 getoon, met die 12-maande-geweegde gemiddelde huisprys wat 1 303 179 Namibiese dollar bereik het, vanaf 1 263 673 dollar in die tweede kwartaal en 1 218 086 dollar in dieselfde tydperk in 2023. Dit verteenwoordig ‘n styging van 7 persent op ‘n jaargrondslag, die hoogste groeikoers sedert 2021, volgens FNB se jongste huisprys indeks. Die sentrale streek het hierdie herlewing gelei en het ‘n 6,9 persent jaar-tot-jaar styging in huispryse aangeteken, met die streeksgemiddelde wat tot 1 659 000 dollar gestyg het. Dit is teenoor die 2,9 persent styging in die tweede kwartaal en aansienlik bo die -1,1 persent daling wat in die tweede kwartaal van 2023 aangeteken is, lui die verslag. Die klein-behuisingsegment, geprys tussen 500 000 dollar en 1 500 000 dollar, was die sleutelaandrywer van die markherstel. Dit het met 14 persent op ‘n jaargrondslag gegroei het en was verantwoordelik vir die grootste deel van transaksies.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *