Werkers van Quantas moet inenting kry

Die Australiese lugredery Qantas het werknemers die keuse van ‘n werk of ‘n inenting gegee toe hy aangekondig het vlieëniers, kajuitpersoneel en lughawepersoneel moet teen middel November volledig teen Covid-19 ingeënt wees. Die sperdatum vir die res van die werknemers is einde Maart volgende jaar. Quantas se uitvoerende hoof, Alan Joyce, sê in ‘n verklaring die redery lewer ‘n noodsaaklike diens, dus sal dit die ontwrigting verminder wat een positiewe geval kan veroorsaak ten opsigte van die moontlike sluiting van vraggeriewe of lughawe-terminale.