Afrika se energiekrisis sal verdiep
Afrika se energiekrisis gaan moontlik vererger te midde van ʼn groeiende bevolking en onderontwikkelde netwerke. Kenners voorspel die bevolking van Afrika suid van die Sahara gaan teen 2050 verdubbel wat die vraag na energie sal laat toeneem. Oilprice.com berig die vasteland wat die minste tot koolstofvrystelling bydra, sal steeds enorme klimaatkwesbaarheid beleef en word aangeraai om fossielbrandstof met hernubare energie te vervang. ʼn Opnameverslag deur die Queen Mary University of London het ook bevind regsgeskille kan in die toekoms toeneem omdat baie nasies energie-oorgang en belastinghervorming takel.