Franse vrugbaarheid is op laagste vlak in 100 jaar

Geboortes in Frankryk het verlede jaar tot op hul laagste jaarlikse getal gedaal sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog in 1945. Die nasionale buro van statistieke sê in 2024 is 663 000 babas in Frankryk gebore, ‘n 2,2-persent daling sedert die vorige jaar. Die algehele vrugbaarheidsyfer staan op 1,59 kinders per vrou in Frankryk, die laagste vlak in langer as ‘n eeu. Altesaam 646 000 mense het verlede jaar in Frankryk gesterf, ‘n toename van 1,1-persent vanaf die vorige jaar, as gevolg van die baby boomer-generasie wat oud word. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *