Stilfontein reddingspogings duur voort

Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur, het tot en met gistermiddag altesaam 118 onwettige mynwerkers in Stilfontein in Noordwes na die oppervlak gebring, met 36 sterftes wat bevestig is. Reddingspogings gaan voort met die gebruik van ‘n spesiale hyser. Onwettige mynwerkers het verlede week beweer meer as 100 mense het ondergronds gesterf as gevolg van hongersnood en dehidrasie. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe sê 82 mense is in hegtenis geneem vir onwettige mynboubedrywighede, betreding en immigrasie-oortredings:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *