Bomdreigement by Hosea Kutako-lughawe vals alarm: NamPol

Bisey Uirab, die uitvoerende hoof van die Namibië Lughawensmaatskappy, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat daar ’n bomdreigement by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe aangemeld is. Owerhede het openbare toegang tot die lughawe versper. Die NBC het berig dat George Matroos, senior bestuurder vir veiligheidsbevordering en kwaliteit by die Namibië Burgerlugvaartowerheid gesê het ‘n passasier aan boord van ‘n vliegtuig wat geskeduleer was om te vertrek, die dreigement gemaak het. Polisie-woordvoerder adjunkkommissaris Kauna Shikwambi sê dit was ‘n vals alarm. NamPol se plofstofkundiges is na die lughawe gestuur. Alle nodige sekuriteitskontroles is gedoen en tot dusver is die lugredery vry van plofstof verklaar.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *