Nanso wil TVET-opleiding vanjaar ‘n hupstoot gee
Soos die nuwe akademiese jaar begin, het Dorothea Nangolo, die president van die Nasionale Studente-organisasie, Nanso, hulle planne en fokus vir die jaar uitgelê. Nanso pleit gewoonlik vir studenteregte, opvoedkundige hervormings en verbeterde lewensomstandighede vir studente. Nangolo het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik dat hulle vanjaar ook op tegniese opvoedkunde, of TVET, gaan fokus.