Oud-spioenbaas Niël Barnard sterf op 75
ʼn Voormalige hoof van Suid-Afrika se Nasionale Intelligensiediens en belangrike rolspeler in onderhandelinge vir ‘n vreedsame oorgang, dokter Niël Barnard, is na ‘n lang stryd met kanker in die ouderdom van 75 oorlede. Barnard het agter die skerms oudpresident Nelson Mandela en voormalige presidente, PW Botha en FW de Klerk voorberei vir Mandela se vrylating. Barnard en ’n kollega was die eerste verteenwoordigers van die apartheidstaat wat in die geheim in Switserland met die ANC vergader het. Hy word oorleef deur sy vrou, Engela, twee seuns en vyf kleinkinders.