Watter begroting? SA se Forbes miljardêrs ryker in ’24
Al ses Suid-Afrikaanse dollar-miljardêrs het hul fortuin in 2024 vermeerder. Dit is volgens Forbes se Real-Time Billionaire-lys wat net mense insluit wie se netto waarde meer as 19 miljard Namibiese dollar is. Die magnaat en Remgro-voorsitter, Johann Rupert en sy familie, en die diamant- en mynreus Nicky Oppenheimer en sy familie, is albei meer as 1 miljard Namibiese dollar ryker. Capitec-stigter Michiel le Roux en sakeman Christo Wiese se fortuin het verlede jaar met meer as 50 persent toegeneem. Naspers-voorsitter Koos Bekker en sakeman Patrice Motsepe is ook op die lys.