Biden en Bibi praat oor skietstilstand
Amerika se president Joe Biden en Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het Sondag ʼn telefoongesprek gevoer oor onderhandelings om ʼn skietstilstand in Gaza en die vrylating van gyselaars te bespreek. Biden probeer om die konflik te stop voordat gekose president Donald Trump se termyn volgende week begin. Die Withuis sê Biden beklemtoon die onmiddellike behoefte aan ʼn skietstilstand en die terugkeer van gyselaars, asook meer humanitêre hulp indien die gevegte volgens die ooreenkoms gestaak word.