Zelensky wil Noord-Koreaase troepe verruil vir sy eie
President Volodymyr Zelensky van Oekraïne sê hy is bereid om Noord-Koreaanse soldate wat Oekraïne in die Koersk-streek gevang het, vry te laat in ruil vir Oekraïnse krygsgevangenes in Moskou. Twee soldate is Saterdag in Koersk gevange geneem waar swaar gevegte voorkom sedert Oekraïne vyf maande gelede ʼn oorgrens-aanval van stapel gestuur het. Zelensky sê daar moet geen twyfel bestaan dat die Russiese weermag afhanklik is van militêre hulp uit Noord-Korea nie. Na raming is 11 000 Noord-Koreaanse soldate in Koersk ontplooi.