Klimaatsverandering dryf LA se verwoesting aan

Wetenskaplikes het onmiskenbare bewyse gevind van ‘n verband tussen klimaatsverandering en die vernietigende veldbrande by Los Angeles. Minstens 24 mense is reeds in die brande dood. ‘n Professor aan die Universiteit Stellenbosch, Guy Midgley, het aan Daily Maverick gesê die wegholbrande is vererger deur ‘n kombinasie van ‘n uitgerekte droogte, die sterk Santa Ana-winde en droë plantmateriaal wat die gevolg is van die warmste jaar op rekord oor die wêreld heen en laer reënval in Mediterreense gebiede.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *