Bulle se uitspeelwedstryde-hoop aan skerweJanuary 12, 2025
Rugby: Die Bulle se hoop om deur te dring na die uitspeelrondes van die Kampioenebeker lê aan skerwe nadat die Franse span Castres hulle met 49-10 geklop het. Hierdie is die vierde agtereenvolgende nederlaag vir Jake White se span – drie in die Kampioenebeker en die wedstryd teen die Haaie in die Verenigde Rugbykampioenskap, en hulle is steeds sonder punte op die punteleer. Intussen het die verdedigende Kampioenebeker-kampioene, Toulouse, die Haaie in Durban laat les opsê. Die Franse het met die Durbanse toestande gesukkel, maar steeds ‘n maklike oorwinning van 20-8 oor die Haaie behaal.
I’m extremely inspired together with your writing skills as neatly as with the format in your weblog. Is this a paid theme or did you modify it yourself? Anyway stay up the excellent high quality writing, it is uncommon to look a great blog like this one nowadays!