Plant en woeker wanneer dit reën, vir voedselsekerheid

Die Uitvoerende Direkteur in die kantoor van die Eerste Minister, I-Ben Nashandi, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die belangrikheid daarvan dat Namibiërs verantwoordelikheid vir hul voedselsekerheid moet neem. Hy lig die gunstige reënvaltoestande uit as ‘n geleentheid vir burgers om voedselproduksie te verbeter en afhanklikheid van eksterne hulp te verminder. Hy sê ‘n proaktiewe benadering sal help om hulpbronne vir droogtehulpprogramme beter toe te wys, om te verseker dat hulp gerig word aan diegene wat werklik in nood is weens moeilike omstandighede.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *