Rioolprobleme op Okahandja ‘nie eenvoudige kwessie’

Okahandja worstel steeds met aanhoudende rioolprobleme, wat groot kommer onder inwoners laat ontstaan. ’n Rioolpyp wat deur sekere informele nedersettings loop word ook gereeld gevandaliseer, wat veroorsaak dat rou riool in die strate mors. Dit lei tot ‘n verskeidenheid gesondheidsgevare, insluitend meer muskiete wat uitbroei, wat die situasie verder vererger. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het raadslid Charl Coetzee van die Okahandja Belastingbetalersvereniging erken dat dit ‘n voortdurende uitdaging is. Hy verduidelik dat die munisipaliteit weens ‘n gebrek aan fondse nie die probleme kan aanspreek nie. Coetzee het meer.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *