Grootste Sydney-tregterspinnekop ooit gevind

‘n Reuse en dodelike Sydney-tregterspinnekop is by ‘n reptielpark in Australië ingehandig, met personeel wat sê dit is die grootste van sy soort wat hulle nog ooit gesien het. Die spinnekop heet Hemsworth, en is ‘n volle 9,2-sentimeter breed. Hemsworth is by een van die park se aflaaiplekke in Newcastle, noord van Sydney ingehandig. Tregterspinnekoppe is bekend vir hul dodelike en snelwerkende gif. Hemsworth se giftande sal nou gemelk word om teengif te vervaardig. Slegs manlike tregterspinnekoppe word gemelk omdat hul sowat ses keer giftiger as wyfies is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *