Babameisie gebore op rubberboot op pad na Kanariese Eilande
Unieke oomblikke is op foto’s vasgevang van ‘n babameisie wat gebore is op ‘n rubberboot volgepak met migrante op pad na die Kanariese Eilande vanaf ‘n Marokkaanse provinsie. ‘n Spaanse kuswag-skip het die 60 passasiers gered. Die ma en baba is hospitaal toe geneem vir mediese ondersoeke. Sodra hulle ontslaan word, sal hulle na ‘n humanitêre sentrum vir migrante gaan, en daarna sal hul heel waarskynlik na ‘n ontvangsentrum vir moeders en kinders verskuif word. Duisende migrante poog jaarliks om die reis van die Afrika-kus na die Spaanse Kanariese Eilande aan te pak.