Trump kry rekord, maar nie tronkstraf in swyggeld-saak
Die Amerikaanse verkose president Donald Trump is gevonnis tot ‘n onvoorwaardelike ontslag in sy New York kriminele swyggeldsaak, wat beteken hy is nie tronkstraf, boetes of ‘n proeftydperk opgelê nie. Hy is die eerste Amerikaanse president wat strafregtelik gevonnis is, en is nou amptelik ‘n veroordeelde misdadiger. Trump is verlede jaar skuldig bevind op 34 aanklagte van sakebedrog oor die betaling van swyggeld in 2016 aan die voormalige porno-ster Stormy Daniels. Trump sê sy vonnisoplegging is ‘n veragtelike bespotting en geen misdaad is gepleeg nie.