Putin nie gekant teen gesprekke met Trump

Die Kremlin sê Russiese president Vladimir Putin is sonder voorwaardes bereid om samesprekings met Donald Trump te hou. Dit volg ná opmerkings deur die verkose Amerikaanse president oor ‘n vergadering wat tussen die twee belê word. Putin se woordvoerder, Dmitri Peskov, het aan verslaggewers gesê hy het herhaaldelik verklaar hy is nie gekant teen kontak met internasionale leiers nie, insluitend die Amerikaanse president. Die Kremlin verwelkom Trump se gereedheid om probleme deur middel van dialoog op te los. Trump sal ná sy inhuldiging op 20 Januarie die amp beklee.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *