ANC ‘lieg oor rede vir verjaarsdagviering in Khayelitsha’

Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê die ANC lieg oor die rede waarom sy 113de verjaardagvieringe in Khayelitsha gehou word. Volgens sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, is dit strategies aangesien die party weer bande met sy ondersteuners wil hernu. Hill-Lewis sê die ANC is onbevoeg en het te laat probeer om die Kaapstad- of Athlone-stadion te bespreek. Die Stormers speel in die Kaapstad-stadion en die Klopse-karnaval is in die Athlone-stadion. Hy sê die ANC het teen 5 Desember verlede jaar nog nie ‘n plek vir hul 8 Januarie-saamtrek bespreek nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *