Gauff sê koelkop bly sit agter haar rits goeie vertonings

Tennis: Coco Gauff sê om koelkop te bly in moeilike oomblikke is die rede vir haar skitterende onlangse vertonings wat haar ʼn groot bedreiging maak vir die wêreld nommer een, Aryna Sabalenka, by die Australiese Ope. Die 20-jarige Gauff, derde op die ranglys, het 2024 baie suksesvol afgesluit met oorwinnings in die China Ope en die vroue se jaareindtoernooi. Sy het daardie spelpeil voortgesit deur al haar enkelspelwedstryde by die United-beker te wen. Dit sluit in ‘n oorwinning in skoon stelle oor wêreld nommer twee, Iga Swiatek, om Amerika die beker te laat wen.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *