Giwusa eis geregtigheid vir Stilfontein-myners
Die algemene nywerheidsvakbond, Giwusa, veroordeel die Suid-Afrikaanse Polisie omdat hulle ʼn katrolstelsel vernietig het wat gebruik is om vasgekeerde mynwerkers in ‘n verlate myn in Stilfontein, in Noordwes, na veiligheid te bring. Die vakbond beweer die polisie se optrede het aanleiding gegee tot die dood van meer as 100 onwettige mynwerkers en eis ‘n ondersoek na die voorval. Giwusa-president, Mametlwe Sebei, sê hulle sal met protesoptrede in Klerksdorp begin om geregtigheid vir die mynwerkers te eis: