Meer as 20 Afrika-lande sal meer aan skuld as dienste vanjaar bestee
Die uitvoerende direkteur van One Campaign, David McNair, sê meer as 20 Afrika-lande gaan in 2025 meer aan skuld bestee as aan noodsaaklike dienste, insluitend gesondheidsorg en onderwys. McNair het in gesprek met Africa News gesê hoë leenkoste en stadige skuldherstrukturering vererger die krisis. Hy het ‘n beroep gedoen op globale instellings om leenkoste te verlig tydens Suid-Afrika se G20-presidentskap: