Yoon se sekuriteitshoof teen sy arrestasie
Suid-Koreaanse president Yoon Suk Yeol se sekuriteitshoof sê Yoon, wat in hegtenis geneem word weens ‘n kriminele ondersoek na sy krygswetaankonidging op 3 Desember, is onregverdig behandel en waarsku bloedvergieting moet vermy word. Park Chong-jun, hoof van die Presidensiële Veiligheidsdiens, word self ondersoek vir die belemmering van amptelike pligte wat verband hou met ‘n ses uur lange stryd verlede week tussen sy agente en ondersoekers wat probeer om ‘n arrestasiebevel vir Yoon uit te voer. Hy sê pogings om ‘n sittende president in hegtenis te neem is verkeerd.