Trump sal vandag gevonnis word
Die Amerikaanse hooggeregshof het verkose president Donald Trump se dringende aansoek om vandag se vonnisoplegging in sy swyggeldsaak uit te stel, verwerp. Hy is in Mei verlede jaar skuldig bevind op 34 aanklagte dat hy sakerekords vervals het om voor die 2016-verkiesing swyggeld aan die porno-ster, Stormy Daniels, te betaal. Regter Juan Merchan wat die saak hanteer, het aangedui hy sal Trump nie tronkstraf, boetes of ʼn proeftydperk oplê nie. Sy regslui voer egter aan ʼn skuldigbevinding sal ondraaglike nagevolge hê.