Hardap-boere verlig vir besproeiing, hoopvol vir nog reën 

Besproeiing by die Hardap groenskema sal teen einde volgende week hervat word, na die belangrike dam goed water gevat het en van 5,5 persent vol na 16,5 persent geklim het. Produsente het op ‘n vergadering ooreengekom op ‘n 20 persent waterbesparing, wat beteken dat hulle 80 persent van hul normale watergebruik sal ontvang. Die voorstel is aan NamWater voorgelê en die water sal weer begin vloei sodra die papierwerk en voorbereiding van die stelsel afgehandel is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met een van die produsente, Rico Bothma, wat sê hulle is baie bly. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *