Trump & Groenland: Kremlin het ook belange
Die Kremlin sê dat Rusland strategiese nasionale belange in die Arktiese gebied het en dat hy die “dramatiese ontwikkeling” van die situasie fyn dophou. Dit was in antwoord op ‘n vraag deur Reuters oor die Amerikaanse verkose president Donald Trump se opmerkings oor die verkryging van Groenland. Dmitry Peskov, die Kremlin se woordvoerder, sê Rusland stel daarin belang om die atmosfeer van vrede en stabiliteit in die Arktiese sone te bewaar. Peskov sê dat Amerikaanse pogings sedert die 19de eeu om Groenland te bekom ‘n saak vir die Verenigde State en Denemarke is, en dat Europa baie versigtig op Trump se uitsprake reageer.