FlySafair vra billikheid in oorbesprekings-ondersoek
FlySafair verwelkom die Nasionale Verbruikerskommissie se ondersoek na oorbesprekingspraktyke en beklemtoon hy voldoen aan die Wet op Verbruikersbeskerming. Die lugredery sê oorbespreking is ‘n wêreldwye standaard om die versuim om op te daag te bestuur en die kaartjies bekostigbaar te hou. Die hoofbemarkingsbeampte, Kirby Gordon, sê FlySafair se benadering raak minder as een-persent kapasiteit. Hy versoek ‘n regverdige hersiening wat die hele bedryf betrek en bevestig deurentyd sy verbintenis tot deursigtigheid en kliëntediens.