Verdedigingminister waarsku oor grensoorlog wapens, ammunisie
Bestaansboere in die noordelike streke het ná goeie reënval hul mahangu-lande begin ploeg. ‘n Boer van die dorpie Oluhapa in die Ohangwena-streek se Okongo-kiesafdeling het ‘n G3-geweer, wat eens deur die Suid-Afrikaanse weermag en die Suidwes-Afrikaanse Gebiedsmag tydens die grensoorlog gebruik is, in sy veld gevind. Die geweer is aan die Okongo-polisie oorhandig. Sulke ontdekkings, asook ou plofstof en ammunisie, is algemeen in die noordelike streke en hou steeds ‘n gevaar in. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met verdedigingminister Frans Kapofi, wat verduidelik wat mense moet doen wanneer hulle wapens ontdek.