Pegula, Navarro deur na kwarteindstryd in Adelaide

Tennis: Jessica Pegula het net vyf potte afgestaan voor sy klaargespeel het met Maria Sakkari by die Adelaide Internasionale toernooi. Sy begin haar seisoen enkele dae voor die Australiese Ope. Die topgekeurde en Amerikaanse Ope-finalis, het ‘n loslootjie gehad in die eerste ronde. Pegula het die Griekse voormalige wêreld nommer drie met 6-4, 6-1 van die baan gevee. Haar Amerikaanse landgenoot en tweede gekeurde, Emma Navarro, wat agtste op die wêreldranglys is, het ‘n taai stryd agter die rug nadat dit twee ure geneem het om Ekaterina Alexandrova met 7-6 en 6-4 te klop.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *