LA kondig noodtoestand af met veldbrand
Die Amerikaanse stad Los Angeles het ʼn noodtoestand afgekondig terwyl ʼn veldbrand wat deur sterk wind aangedryf word, owerhede genoop het om meer as 30 000 inwoners te vra om hul wonings te ontruim. Talle huise in die Pacific Palisades-gebied is beskadig, maar geen beserings of sterftes is aangemeld nie. Die Withuis sê president Joe Biden het ʼn brandbestuur-hulptoelaag goedgekeur om die betrokke gemeenskappe te ondersteun. Die Los Angeles-distrik se brandweerhoof, Anthony Marrone, sê die brand kan deur die dag erger word: