Angolese kinders terug in die land, bedel in Noorde

Die Angolese kinders, wat aan die einde van Mei verlede jaar uit verskeie dorpe sowel as die hoofstad gerepatrieer is na hulle tuisland, is terug op Ondangwa. Plaaslike media berig daar is kommer oor die vermoë van die kinders om eenvoudig die grens oor te steek. Verlede jaar het plaaslike prokureur Kadhila Amoomo die saak betree en owerhede aangespoor om die kinders, wat blykbaar deel is van die Mwila-stam in die buurland se Huila-provinsie, se regte te beskerm en hulle te versorg. Verlede jaar het hulle goedere by verkeersligte verkoop en gebedel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *