Stad Windhoek gesels oor hevestigingspogings na kitsvloede
Oorstromings wat die naweek deur swaar reën veroorsaak is, het talle inwoners van Windhoek se informele nedersettings dakloos gelaat. Die gebiede wat die swaarste getref is sluit in Otjomuise in die Khomasdal-kiesafdeling, asook Goreangab en Havana in die Samora Machel-kiesafdeling. Lydia Amutenya, woordvoerder van die Stad Windhoek, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê planne vir die hervestiging van slagoffers en inwoners in gevaar word oorweeg. Die hervestigingsplanne sal afhang van verskeie faktore, soos beskikbare hulpbronne, geskikte alternatiewe behuising en insette van die geaffekteerde gemeenskappe. Amutenya het meer.