Bibi se afvaardiging vir onderhandelings in Katar, goedgekeurJanuary 4, 2025
Die kantoor van Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu sê ‘n afvaardiging is goedgekeur om skietstilstand-onderhandelings in Katar te hervat. Amerikaanse, Kataarse en Egiptiese bemiddellaars sukkel al byna ‘n jaar lank om ‘n skietstilstand- en gyselaarvrylatingsooreenkoms tussen Israel en Hamas te bewerkstellig, maar die pogings het herhaaldelik gefaal met die twee groepe wat mekaar die skuld daarvoor gee. Volgens Netanyahu se kantoor sal lede van die Mossad-intelligensie-agentskap en die weermag die samesprekings bywoon. Daar was geen onmiddellike reaksie van Hamas nie.
I’m extremely impressed with your writing talents as smartly as with the format for your blog. Is this a paid subject or did you customize it your self? Either way stay up the excellent quality writing, it is rare to see a great weblog like this one today!