Raducanu sukkel met beserings voor Aussie Ope

Die Brit Emma Raducanu se voorbereidings vir die Australiese Ope is ontspoor deur ‘n rugprobleem wat haar genoodsaak het om aan die Auckland Classic in Nieu-Seeland te onttrek. Die 22-jarige word deur ʼn rits beserings gekniehalter sedert sy die Amerikaanse Ope in 2021 gewen het. Sy moes verlede jaar operasies aan haar gewrig en enkel ondergaan, gevolg deur ʼn langtermyn voetbesering. Raducanu het vir rehabilitasie na Melbourne vertrek en hoop sy is gereed wanneer vanjaar se eerste Grand Slam-toernooi die 12de begin.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *