Doodstraf vir Chinese man wat 35 mense in motoraanval vermoorDecember 28, 2024
‘n Man wat verlede maand 35 mense doodgery het in die suidelike Chinese stad Zhuhai, is ter dood veroordeel. Die 62-jarige Fan Weiqiu het op 11 November met opset met sy klein sportnutsvoertuig in ‘n groep mense ingeploeg buite ‘n sportkompleks. Die hof het bevind Fan het besluit om sy woede te laat geld oor ‘n gebroke huwelik, persoonlike frustrasies en ontevredenheid oor die verdeling van eiendom. Hy het skuldig gepleit en die hele verhoor en vonnisoplegging het op dieselfde dag gebeur.
I’m extremely inspired along with your writing abilities and also with the layout in your blog. Is this a paid subject matter or did you customize it your self? Anyway stay up the nice quality writing, it is rare to look a great blog like this one these days!