Ons is nie te koop nie: Groenland aan Trump

Groenland het die aangewese Amerikaanse president, Donald Trump, ingelig dat die eiland nie te koop is nie. Trump het tydens sy aanwysing van ‘n gewese gesant in Swede, Ken Howery, as Amerika se nuwe ambassadeur in Kopenhagen gesê hy wil beheer oorneem. Eerste minister Mute Egede sê egter Groenland sal nooit sy lang stryd vir vryheid opgee nie. Trump het ook gedreig om Amerika se beheer oor die Panama-kanaal te herbevestig en Panama daarvan beskuldig dat hy uitermatig hoë tariewe hef vir die gebruik van die deurgang.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *