Indië se Shami kan nie in Australië-toetse speel
Krieket: Indië het ‘n terugslag ondervind toe ‘n mediese span die snelbouler Mohammed Shami onfiks verkaar het vir die laaste twee van vyf toetse teen die gasheer, Australië. Shami het die eerste drie toetse ook misgeloop in die reeks wat tans gelykop is met een-elk. Indië se ondersteuners en kritici het verwag dat Shami hom vir die oorblywende toetse by sy mede-snelbouler Jasprit Bumrah sal aansluit. Bumrah het geskitter in die wedstryde in Australië, maar kritici reken hy benodig ondersteuning in Shami se afwesigheid.