Kinders sterf weens medisynetekorte in Pakistan

Minstens 31 kinders het in die noordweste van Pakistan gesterf nadat langdurige padblokkades medisynetekorte veroorsaak het. Die sluitings in die Kurram-gebied het mediese geriewe lamgelê en honderde-duisende mense gestrand sonder noodsaaklike voorrade. Die Edhi-stigting het lugambulansoperasies van stapel gestuur om noodvoorrade af te lewer en pasiënte in ‘n bedenklike toestand te ontruim. Die geweld wat lei tot hierdie padblokkades, is gewortel in dekades-oue spanning tussen Sjiïtiese en Soennitiese Moslem-gemeenskappe en word verder aangevuur deur geskille oor grond.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *