Koning Charles kies oud-hospitaalkapel vir Kersboodskap

Koning Charles het ‘n voormalige hospitaalkapel gekies vir sy jaarlikse Kersboodskap. Dis deur Sky News by die Fitzrovia-kapel in sentraal-Londen opgeneem. Die klein geboutjie was oorspronklik bedoel vir personeel en pasiënte van die Middlesex-hospitaal wat sedertdien gesloop is. Paleisbronne sê die koning se boodskap sal fokus op gesondheidsorgwerkers se pogings ná sy kankerdiagnose, en gemeenskapsamehorigheid in die nasleep van die Southport-onluste. Sy voorwaardes vir die mees geskikte plek was gekoppel aan gesondheid, ‘n ruimte wat die hele gemeenskap kan gebruik en ‘n perseel wat geestelike vertroosting insluit.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *