Israel erken hy het Hamas-leier in Iran vermoor
Die Israelse verdedigingminister, Israel Katz, het die eerste keer in die openbaar erken sy land het in Julie ‘n leier van Hamas, Ismail Haniyeh, in Iran vermoor. Iranse owerhede het Jerusalem die skuld gegee, maar niemand het tot nog toe aanspreeklikheid aanvaar nie. Katz het nou verantwoordelikheid erken en gewaarsku sy Weermag sal die Jemeense leierskap van die Houthi-rebelle onthoof. Die Houthi’s val al langer as ‘n jaar kommersiële skepe in die Rooi See aan in ‘n poging om ‘n vlootblokkade op Israel af te dwing.