Geen spertyd oor toekoms by Liverpool: Van Dijk
Sokker: Virgil van Dijk sê geen spertyd bestaan vir sy kontrak met Liverpool nie. Die huidige kontrak van dié internasionale Nederlandse speler verstryk die einde van die seisoen, waarna hy van 1 Januarie met oorsese klubs sal kan onderhandel. Die 33-jarige wil volgens berigte egter by Anfield wil aanbly. Van Dijk is een van drie sleutelspelers wie se kontrakte nog net ses maande geld, met Trent Alexander-Arnold en Mohamed Salah die ander twee. Salah is ná Sondag se wedstryd teen Tottenham vierde op Liverpool se lys van die beste doelmakers in sy geskiedenis met 229 doele.